Agenda Die Gebruikersgids
Op hierdie bladsy
Laai af as PDF

Welkom by Agenda

Agenda is ’n elegante nuwe kyk op aantekeninge maak. Dit laat u toe om beheer te hê oor die vele dinge wat in u lewe aan die gang is en bo-op alles te bly wat vir u belangrik is. Dit help u om beter georganiseer en meer produktief te word. Met sy unieke tydlyn gee Agenda u ’n volledige prentjie van verlede, hede en toekoms.

Voeg notas by vir wat tans op u agenda is, terwyl u ander notas vir ’n komende vergadering voorberei. Gebruik ouer notas as broodkrummels om uself te herinner waarom u die aksies gedoen het wat u gedoen het.

Tydreis deur projekte

Agenda se unieke tydlynbenadering tot die organisering van notas gee u projekte momentum. Soos enige goeie storie het ’n projek ’n verlede, hede en toekoms. Agenda is die enigste toep wat van elkeen in ’n enkele stroom boekhou.

Past, present and future notes in a single timeline on iPad

Wat is op die Agenda?

U kan datums aan individuele notas heg, en hulle selfs aan aktiwiteite in u kalender koppel. Maar u kan hulle ook “Op die Agenda” plaas.

Notas wat as Op die Agenda gemerk is, kry ’n spesiale status. U kan makliker daarna soek, en hulle word by ’n spesiale groep gevoeg sodat u hulle in ’n oogwink kan vind. Agenda hou wat die mees tersaaklike is reg voor u neus.

A note flagged as On the Agenda

Die betekenisvolle teksredigeerder

Deesdae, wanneer dit by teksredigeerders kom, kan u kies tussen eenvoudige-maar-vaal gewone teks, en visueel-aantreklike-maar-komplekse rykteks.

Agenda is anders — dit is ’n gestileerdeteks-redigeerder. Gestileerde teks is die beste van albei wêrelde. Dit is so maklik om te wysig soos gewone teks, maar laat toe dat betekenisvolle style bygevoeg word wat tot visueel pragtige dokumente lei.

Style sluit opskrifte, lyste, tabelle, ingekeepte blokke en voorgeformatteerde teks in. U fokus op die betekenis van u notas, en laat Agenda die voorkoms hanteer.

Gestileerde teks lewer notas op wat fantasties lyk, konsekwent is, en geredelik na ander gestileerdeteks-formate soos markdown en HTML omgeskakel kan word.

A note with headings, lists and other styles applied

U notas op ’n datum

Agenda is ’n aantekeningtoep met ’n sterk klem op tyd. Dit het volledige integrasie met Apple se Kalender- en Herinneringe-toeps. U kan kalenderaktiwiteite en herinneringe skep en wysig sonder om ooit Agenda te verlaat. Hulle word direk aan u Agenda-notas geheg, en word outomaties in Apple se toeps bygewerk, met ’n baie handige skakel om reguit terug na die tersaaklike nota te kom.

Agenda on the Mac showing notes alongside calendar events

Raak geheg aan u notas

Behalwe teks het Agenda ondersteuning vir die aanheg van beelde en lêers, sowel as vir skakels na webwerwe en hulpbronne in ander toeps. Agenda-notas bring u projekhulpbronne op een sentrale plek bymekaar.

Aanhegsels kan op ’n verskeidenheid maniere vertoon word, van kompakte inlyn-penninge tot duimnaels en volbreedte-beelde (laasgenoemde vereis die aankoop van ’n premiumkenmerk).

Sodra u ’n lêer of beeld aangeheg het, kan u dit voorskou, dit na ’n ander toep uitvoer of deel, en dit rondsleep. En dit spreek vanself dat aanhegsels via iCloud tussen u toestelle sinkroniseer.

Attachments displayed in a note on the Mac

Pak dit as taak aan

Vind u uself soms besig om u taakbestuurder vir meer te gebruik as waarvoor dit bedoel is? As u uself uitgebreide kommentaar sien byvoeg, of take invoer wat meer soos opstelle voel, is u dalk beter af met ’n kragtige aantekeningtoep soos Agenda.

Agenda is ’n notatoep met uitstekende ondersteuning vir die hantering van take. Dit ondersteun verskillende lysstyle, en laat toe dat take met meer uitgebreide notas gemeng word. Die beste van alles: u voltooide take word nie in die argiefafgrond ingesuig sodra u met hulle klaar is nie, maar is daar vir toekomstige verwysing en soektogte. En as u aan die dinge herinner wil word wat u nie wil misloop nie, is die stel van ’n herinnering so maklik soos om net \remind te tik — Agenda sal die res vir u doen.

Reminders inside a note on the Mac

Deel

Wanneer dit by ‘deel’ kom, is Agenda op alle fronte tot u beskikking. U kan u eie data tussen toestelle deel met die ingeboude iCloud- of Dropbox-sinkronisasie. En u kan met ander deel, of hulle nou Agenda besit of nie.

Om met ’n ander Agenda-gebruiker te deel, is dit die beste om ’n nota of projek in die Agenda Argief-lêerformaat te stuur. Dit is die volledigste afskrif van die data, en hulle sal ’n duplikaat van u notas ontvang. Op macOS kan u óf met die Lêer-kieslys uitvoer, óf die Deel-kieslys gebruik om die lêer na ’n ander toep te stuur. Agenda vir iOS het deelopsies wanneer u die ratjie-knoppie onderaan ’n nota tik.

The sharing options for a note

U kan ook deel met mense wat nie Agenda besit nie, of wat nie eens Apple-toestelle gebruik nie. Skakel net u notas om na ’n kruisplatform-formaat soos PDF of RTF.

Laastens integreer Agenda baie goed met ander gereedskap wat u op u stelsel gebruik. Dit kom met ’n kragtige deel-uitbreiding om teks, beelde en lêers vanuit ander toeps na Agenda te bring. Nog ’n kragtige integrasie kom in die vorm van Agenda-skakels. As u ’n Agenda-skakel kopieer of deel, het u ’n manier om vanuit enige ander toep terug na ’n nota of projek in Agenda te spring. Voeg die skakel in ’n ander toep in, en klik dit om Agenda op presies die regte plek te open.

Dieselfde geld vir skakels wat deur ander toeps verskaf word: voeg hulle in u Agenda-notas in, en klik hulle om die oorspronklike item te open. Dit werk ook wanneer u lêers na Agenda sleep. Klik die skakel om na die lêer te gaan.

Hoe om te begin

Die hoofstukke wat volg, dek Agenda se kenmerke en hoe om hulle te gebruik, en begin met Die grondbeginsels.

Premiumkenmerke

Agenda is gratis om op macOS en iOS te gebruik vir so lank as wat u kies, sonder enige koste. Daar is geen tydbeperkings nie, maar daar is ’n paar premiumkenmerke wat u moet koop om te ontsluit.

Dit werk so: wanneer u ’n In-toep-aankoop gebruik om vir ’n pakket premiumkenmerke te betaal, kry u alle huidige premiumkenmerke ontsluit, plus enige kenmerke wat ons in die daaropvolgende jaar byvoeg. Hierdie kenmerke is permanent ontsluit — vir ewig u s’n.

Nadat die jaar verby is, kan nuwe kenmerke bygevoeg word wat ’n nuwe betaling vereis om te ontsluit. U kan óf voortgaan om te gebruik wat u het soos dit is, óf betaal om die nuwe kenmerke te kry. Hoe dan ook, u kan altyd die jongste weergawe van Agenda aflaai, insluitend alle foutregstellings, en u kan aanhou om al die kenmerke te gebruik wat u reeds gekoop het.

The premium features purchase screen

Let daarop dat dit nie ’n intekening is nie. Daar is geen outomatiese betaling elke jaar nie, en u word nooit gedwing om weer te betaal om die toep te bly gebruik of by u data uit te kom nie. U behou altyd wat u reeds het, en kan besluit of u bereid is om vir die nuwe kenmerke wat bygevoeg is te betaal, of tevrede is met wat u het totdat iets opdaag wat u lok om ’n nuwe premiumpakket te koop.

Maar as u ons wel elke jaar wil bly ondersteun, en altyd toegang wil hê tot die jongste premiumkenmerke sodra hulle uitkom sonder die gesukkel om ’n nuwe 12 maande se premiumkenmerke te koop as dit blyk dat die sperdatum verby is, maak ons dit maklik vir u: u kan inteken om elke jaar outomaties te hernu, en in ruil daarvoor ontvang u 15% afslag as dankie dat u ’n lojale Agenda-gebruiker is!

The automatic renewal option

Vir ’n oorsig van alles wat ingesluit is, sien die hoofstuk Premiumkenmerke.

Sleutelbordkortpaaie

Agenda kom met ’n kragtige stel sleutelbordbevele op sowel macOS as iPadOS. Vir ’n volledige oorsig sien die hoofstuk Sleutelbordkortpaaie.

Gebare op iOS

Agenda ondersteun ’n aantal gerieflike gebare om die gebruik van die toep makliker en kragtiger op macOS, iOS en iPadOS te maak. Vir ’n volledige oorsig sien die hoofstuk Gebare.

Agenda — a new take on notes